Luukse Gemak - Jou Verblyf
Mabula Privaat Wildplaas, Limpopo

Jou Kamer

Kwafubesi Tented Safari Camp bestaan slegs uit ’n handjie vol luukse tent-suites. Elke suite is geposisioneer vir uiterse privaatheid. Die tente is ruim ontwerp, het gemaklike meubels in sagte kleure en ’n warm Afrika atmosfeer. Elke tent is vernoem na ’n lid van die Groot 5 en op ’n houtplatvorm gebou met ’n uitsig oor die vlaktes. Sit terug en aanskou die skoonheid van die wildernis op jou voorstoep.

Geriewe

Spandeer jou tyd tussen safari aktiwiteite langs die helder swembad, in ’n leunstoel met ’n ys-koue drankie in die hand. Die oop-plan ontspanningsarea het ’n uitsig oor die omliggende bosveld. AS jy lus is om gepamperlang te word kan jy een van die skoonheidsbehandelinge op aanbod by die spa – of in jou privaat suite – geniet.

Addisione fasiliteite soos ’n verligte tennisbaan, aandenkingswinkel en klein gerieflikheidswinkel kan by die buurlodge, Mabula Game Lodge, gevind word.