Luukse Gemak
Mabula Privaat Wildplaas, Limpopo

Kwafubesi Tented Safari Camp bied 'n unieke en eksklusiewe wegbreek in tent akkommodasie in die Mabula Wildreservaat aan.

Hoogtepunte

Perdry Safari’s – kom nader aan die wild
Vierwielmotorfiets Safari’s – volg jou gids op die eko-avontuur roete
Geleide sterrekyk – ontdek sommige van Suid-Afrika se konstellasies, asook hulle mites en legendes
Geleide Bos Wandelinge is op aanvraag beskikbaar
Malaria-vrye area in die Limpopo bosveld

Jou Ervaring

Kwafubesi Tented Safari Camp is geleë in die beeldskone malaria-vrye Mabula Wildreservaat, waar ’n verskeidenheid voëlspesies, bokke en roofdiere woon – sluitende die beroemde Groot 5. By hierdie akkommodasie sal jou wildste verwagtinge van ’n outentieke Afrika safari ervaring oortref word.

Kwafubesi Tented Camp is ’n klein en intieme kamp waar kinders onder die ouderdom van 14-jaar ongelukkig nie toegelaat word nie. Paartjies en wittebroodreisigers sal hier die ideale romantiese wegbreekbestemming vind. Ontspan saam in jul privaat suite of geniet die reeks aktiwiteite op aanbod vir ’n interaktiewe safari ervaring.

Die suites van hierdie luukse tent akkommodasie in die Mabula Wildreservaat is smaakvol gedekoreer en het ’n tipiese Afrika huislike gevoel. Goed-opgeleide, vriendelike en toegeweide personeel sal jou soos familie hanteer tydens jou verblyf. 

Gemaklike akkommodasie, opwindende aktiwiteite en moderne geriewe verseker dat jou nagrus goed en jou dae onvergeetlik sal wees.

Die kamp is in ’n asemrowende natuurlike omgewing geleë. Hier sal jy maklik van die vinnige stadslewe kan vergeet. Dit maak nie saak hoe lank jou besoek aan Kwafubesi Tented Camp was nie, jy sal huis toe gaan met honderde foto’s en herinneringe wat jou ’n leeftyd sal hou.