Egte Afrika Gebied - Aktiwiteite
Mabula Privaat Wildplaas, Limpopo

Geleë in een van Suid-Afrika se mees bekende privaat wildreservate, Mabula Game Lodge bied ’n wêreld-klas safari ervaring aan.

Wildbesigtiging

Die terrein van die reservaat is divers en is die tuiste van ’n verskeidenheid diere, insluitende die bekende Groot 5. Ander dierspesies sluit in groot bokke soos eland, blesbok en gemsbok en roofdiere soos hiëna, jagluiperd en meer as 300 voëlspesies.

Wildbesigtigingsritte word twee keer ’n dag by hierdie luukse wild lodge in die Mabula Wildreservaat onderneem. Eerste rit vind plaas in die vroegoggend en die tweede rit weer in die laatmiddag - net betyds vir skemerkelkies. ’n Toer op na Dicks Hill sal jou met ’n onverbygesteekte panoramiese uitsig van die beeldskone Mabula reservaat bied.

As jy opsoek is na iets meer as slegs die tradisionele safari, kan jy ’n safari op die rug van ’n perd aanpak. Of wat van een van die opwindende vierwielfiets-roetes?

Met sonsopkoms kan jy op ’n geleide wandeling in die Suid-Afrikaanse bosveld ingaan. Hierdie stap safari’s is ideaal vir gaste wat die verskeie plante, bome en insekte van die bos van nader wil aanskou. Ruik die verskillende diere se merke, voel die verskeie teksture en bekyk die wild vanaf ’n ander perspektief.

Gaan uit op ’n aandwildbesigtigingsrit en soek vir die ongelooflike naglewe van die bos met flitslig. Ry stadig verby al die ogies wat vanuit die donker na jou loer en luister na die geroep van die naguiltjie en die gelag van die hiëna, onder ’n kombers van sterre.

Bos Maaltye

Maaltye by Mabula Game Lodge is ’n fynproewersgeleentheid. Op aanbod is ’n mengsel van watertand tradisionele Suid-Afrikaanse disse. Gaste kan ’n ligte middagete op die voëlkykplatvorm geniet. In die aande word die heerlike aandete onder die sterre in die lodge se tradisionele Suid-Afrikaanse boma bedien, met die ritmiese danse van Afrika dansers in die agtergrond. By die lodge se restaurant wag ’n reeks vaste spyskaart maaltye op jou.

Mabula Game Lodge se hartlike buffets is ’n feesmaal vir beide vegetariërs en karnivore. Moenie terughou met die reeks slaaie, vars gebakte brood, biryani’s en impala bredies nie. Gaste wat ’n spesiale geleentheid of aandenking vier kan hul maaltyd op ’n romantiese en private ligging op die perseel geniet.

By hierdie luukse wild lodge wag spesiale maaltye op gaste. Bedien onder die Suid-Afrikaanse hemelruim, langs ’n 100-jaar oue wildevyboom is Mabula Game Lodge se magiese bos maaltyd. Gaste wat graag in die bos wil trou kan ’n beeldskone troue by die ope-lug Shaya Moya perseel, met sy asemrowende uitsig oor die vlakte, hou.

Die lodge het ’n toegeruste kroeg wat ’n verskeidenheid plaaslike en internasionale bier, wyn en sterk drank bedien. Mabula Game Lodge kan met vooraf reëlings omsien na enige spesiale dieetversoeke.