Egte Afrika Gebied
Mabula Privaat Wildplaas, Limpopo

Mabula Game Lodge is ’n luukse wild lodge in die Mabula Wildreservaat, slegs twee en ’n half uur se ry vanaf Johannesburg.

Hoogtepunte

Geleide wandelinge en aand safari’s
Vierwielmotorfiets-roetes
Perdry safari’s
Eg Suid-Afrikaanse kos ervaring vir beide vleis liefhebbers en vegetariërs
Privaat en eksklusiewe gebruik van safari villa - perfek vir familie byeenkomste of klein groepe

Jou Ervaring

’n Besoek aan die beeldskone Mabula Game Lodge sal enige tradisionele safari ervaring verwagtinge oortref. Geleë in die beeldskone Mabula Wildreservaat, Mabula Game Lodge beloof hoë-volume Groot 5 besigtinge, asook gereelde aanskouing van roofdiere en voëlspesies. Mabula Game Lodge is ideaal vir ’n familie op safari en bied jou die geleentheid om die wildernis as ’n gesin te ontdek. Kinders bo die ouderdom van 3-jaar mag aan al die aktiwiteite deelneem. Kom maak herinneringe en bou aan familiebande wat ’n leeftyd sal hou.

Ontdek die wye vlaktes op ’n vierwielfiets. ’n Gids sal jou neem op ’n vierwielfiets toer van die reservaat op een van die vele gemerkte roetes. Gaste wat eerder ’n opgeligte uitsig geniet, kan ’n perdry safari onderneem en nader aan die wild as ooit tevore kom. Dan is daar natuurlik ook die opsie om die bos met al jou sintuie te ontdek op ’n geleide stap safari.

Die suites is beeldskoon gemeubileer, en alhoewel weelderig ingerig, het dit ’n huislike atmosfeer. Vriendelike en toegeweide personeel sal jou ontvang en jou op hul hande dra tot die oomblik wat jy vertrek. Gemaklike kamers en hope aktiwiteite sorg vir vaste slaap en vol dae by hierdie wild lodge in die Mabula Wildreservaat. Elke gerief waarvan jy kan droom is hier beskikbaar.

Gaste van alle ouderdomme is welkom by Mabula Game Lodge en ’n spesiale Mabula Cubz Club is beskikbaar vir die kinders. Hierdie klub sorg vir vermaaklike aktiwiteite gedurende spits-tye en wissel van sterrekyk tot potspel.

Mabula Game Lodge is ’n beeldskone lodge, geleë in ’n asemrowende natuurlike omgewing en is die perfekte wegbreek bestemming. Jou verblyf by die lodge mag dalk van korte duur wees, maar die herinneringe sal jou ’n leeftyd hou.