Egte Afrika Gebied - Jou Verblyf
Mabula Privaat Wildplaas, Limpopo

Mabula Game Lodge se kamers het elk ’n eg Suid-Afrikaanse grasdak en is afgerond met luukse geriewe.

Jou Kamer

Groot vensters bied ongesteurde uitsig van die wild daar buite en die natuurlike kleure van die meubels bied ’n rustige en gemaklike atmosfeer. Al die suites is toegerus met ’n heerlike groot steenbad en is ten volle lugversorg vir jou gerief. Ontspan op jou privaat patio en bewonder die verskeie voëls in die bome.

Ander kamer geriewe sluit in ’n kluis, haardroër, platskermtelevisie en tee en koffie maak geriewe.

Mabula Villas is ’n familie toevlug; ’n eksklusiewe-gebruik villa met 3 en-suite slaapkamers wat nie die begroting sal blaas nie. Hier jy kan jou safari verpersoonlik met jou privaat gids, sjef, huishoudster en villa bestuurder.

Die villa kan tot 10 gaste akkommodeer en het een dubbel- en twee tweelingkamers (wat in dubbelkamers omskep kan word). Elke kamer loop uit op die platvorm met ’n bos uitsig.

Gaste van Mabula Villa het hul eie privaat boma, ingerig met ’n vuurput vir ontspannende aande saam met geliefdes onder die sterre.

Geriewe

As jy opsoek is na ’n ontsnap van die opwindende en aksie-belaaide buitelug aktiwiteite op aanbod by Mabula Game Lodge, kan jy ’n luukse spa behandeling in die rustige Mabula Spa geniet. Of luilê op ’n leunstoel langs die kristalhelder swembad, terwyl ’n boek lees of ’n ys-koue skemerkelkie drink. Gaste wat energiek voel, kan ’n rondte tennis op een van die twee tennisbane geniet, voordat hulle na die whiskey-kroeg toe gaan om die besige dag af te sluit. Ander fasiliteite sluit in;

Kamerdieste
Wasgoed dienste
Kaggel
Kredietkaartfasilieite