Tswana nedersettings is baie ongewoon in Suider-Afrika vir hul groot maar kompakte manier van bly as gevolg van hul dorre omgewing. Inderdaad in die vroeë middel van die 19de eeu was 'n paar Tswana nedersettings, wat vir verdedigende redes saam gegroepeer het, meer digbevolk as Kaapstad, die grootste Suider-Afrikaanse koloniale stad van daardie tyd.
Voorheen was dit nie ongewoon vir al die lede van 'n stam om in 'n nedersetting rondom die hoof te konsentreer nie. Sommige leiers het oor nabygeleë nedersettings, waar hulle die grondgebied verower het asook met die bou van nedersettings vir groot getalle mense geheers.
Die huishouding wat beide ritueel en huishoudelike betekenis het is die kleinste sosiale eenheid van gewoonlik 'n man, sy vrou en enkele kinders, maar sluit dikwels ook getroude seuns en selfs dogters en hul gades en kinders in. Huise bestaan tradisioneel uit een of meer huis en skure in 'n binnehof omring deur 'n riet of hout heining, of klip en grond muur.
ʼn Getroude paartjie deel dikwels 'n huis met jonger kinders. Adolessente kinders van beide geslagte het 'n huis gedeel en ongetroude volwassenes is volgens hulle geslag geskei. Die huise is hoofsaaklik gebruik vir slaap en stoorplek asook kook en sosiale aktiwiteite wat plaasvind in die oop binnehof. In vroeër jare het lede van 'n huishouding hul eie opstal gebou en die meeste van hulle kos self geproduseer.
Die land, vee en alle eiendom is deur die hoof van die huishouding geadministreer. As hoofman van sy groep verwag hy gehoorsaamheid, diens en respek van sy vroue en kinders en hanteer alle wetlike handelinge met buitestaanders. Gebed en offerhande wat namens die huishouding aan die voorvaders geoffer is was ook sy verantwoordelikheid, alhoewel hy op sy beurt hulp gesoek het van senior naasbestaandes en die hoof familie in ander huishoudings.
Translated by Wilma Koeppen