Ware Afrika-ervaring - Aktiwiteite
Kruger Nasionale Park

Om by Hamiltons Tented Camp te bly, gaan dit oor die stilte en rustigheid van die bos wat jy met ’n geliefde deel sodat jou batterye weer herlaai vir die spanningsvolle alledaagse lewe.

Wildritte

Wildritte word daagliks aangebied, in die vroeë oggend wanneer roofdiere steeds rondloop en in die laat namiddae-vroegaande wanneer nagdiere uitkom.

Die hoogtepunt van die laatmiddag wildrit is die stop om jou bene te strek en die sonsondergang te bewonder. Kolligte kom dan aan en die rit gaan voort in die nag, ’n wonderlike geleentheid om die diere wat onder die dekmantel van die nag aktief is te sien.

Na aandete kan jy rustig aan die slaap raak met die geluide van die nag, miskien ’n leeu wat in die vêrte brul of ’n hiëna wat die nag om lag. Gedurende die warm somerdae kan jy in die sprankelende swembad afkoel of met ’n goeie boek in die gemaklike sitkamer van die hoof tent ontspan.

Sit ook en ontspan op die dek en kyk na die verskeidenheid voëls of enige diere wat na die rivier kom om te drink. Om by Hamiltons Tented Camp te bly, gaan dit oor die stilte en rustigheid van die bos wat jy met ’n geliefde deel sodat jou batterye weer herlaai vir die spanningsvolle alledaagse lewe.