Ware Afrika-ervaring - Jou Verblyf
Kruger Nasionale Park

©
©

Die akkommodasie in Hamiltons Tented Camp is werklik uniek en weerspieël ’n safari van 'n vroeë era, en is n skaars ervaring in die Krugerwildtuin.

Jou Kamer

Die ses lugversorgde tent suites word deur verhoogde hout paadjies met die omringende bos verbind. Elke suite by die Hamiltons Tented Camp het indrukwekkende kiaat houtvloere en is onberispelik gemeubileer met koningsgrootte hemelbeddens wat in muskietnette gedrapeer is.

Die volledige en-suite-badkamers het diep baddens en buite-storte met ’n pragtige uitsig op die seisoenale rivier. Daar is absolute vrede en ontspanning in die stylvolle kamp met ’n besonderse uitsig oor die hele wildtuin! Vir wittebroodspaartjies is dit 'n ideale toevlug omdat elke suite heeltemal privaat is.

Elke suite het ook 'n privaat dek waar romantiese etes onder die sterre bedien word. Sit terug, ontspan en geniet die oneindige rustigheid van die bos by Hamiltons Tented Camp.