Ware Afrika-ervaring
Kruger Nasionale Park

Een van die beste bewaarde geheime en is in die Mluwati-konsessie in die Nasionale Krugerwildtuin geleë. Hierdie kamp bied jou ’n koloniale styl-safari-ervaring in luukse tente met ’n atmosfeer wat jou terugneem na ’n vergete era.

Hoogtepunte

Bly in elegante luukse en-suite safari tente
Begeleide wildritte op 'n privaat konsessie in die Nasionale Krugerwildtuin
Romantiese kersligetes op jou privaat dek

Jou Ervaring

Hierdie romantiese Krugerwildtuin kamp huisves paartjies in 6 pragtige safari tente wat uitkyk oor die Nwatswitsonto-rivier. Die hoof tent, wat op die droë rivierbedding uitkyk, is ’n indrukwekkende struktuur met elegante lyne en ’n sit-en eetkamer wat uitloop op ’n groot, ruim dek wat deur Jakkalsbessie-bome oorskadu word.

Dit is gemaklik gemeubileer met antieke meubels en 19de-eeuse voorwerpe wat jou laat voel asof jy terugreis in die geskiedenis. Hierdie kamp is in die sentrale deel van die Nasionale Krugerwildtuin geleë en ’n groot verskeidenheid wild soos Wildehonde, Leeus, Luiperds en Hienas word gereeld gesien.

Jy kan van alles wegkom en ’n totale gevoel van rustigheid hier kry omdat dit so afgeleë en vêr weg van ander mense is. Jy kan hier gaan aansit vir aandetes met outydse silwer eetgerei en diens soos in vervloë dae, heerlike ontbyte en middag versnaperings. Dit alles laat jou soos ’n koninklike voel.