Intieme Woonplek - Aktiwiteite
Kruger Nasionale Park

Geniet begeleide oggend by Camp Shonga en laatmiddag-wildritte in oop safari voertuie op hierdie 15 000ha privaat konsessie in die Groot 5 gebied.

Wildkyk

Die kundige en ervare gidse deel graag hulle uitgebreide kennis van die wisselende ekosisteme van die Krugerwildtuin met hulle gaste. Dit verseker ’n heerlike Kruger Nasionale Park safari ervaring wat die geheimenisse van die bos ontsluit.

Spa by Main Lodge

Shishangeni Private Game Lodge bied gaste wat by Canp Shawu bly die geleentheid om totaal te onstpan by hul spa, geleë in die Main Lodge. Gaste kan uitsien na verskeie behandelinge wat rustigheid en luuksheid in gedagte hou. 

Eet & Drink

Gaste by Camp Shonga sal nooit honger ly nie. Koffie word bedien op oggend wildritte, gevolg deur 'n fantastiese buffet-styl middag ete. Laatmiddag wildritte beteken skemerkelkies en peuselhappies, gevolg deur 'n magiese aandete. Daar is vele opsies vir alle dieetvereistes. Die Main Lodge by Shishangeni het 'n tradisionele buitelug boma, waar gaste van Camp Shonga hulself ook mag tuis maak.