Intieme Woonplek
Kruger Nasionale Park

Hierdie intieme woonplek is geleë in die ongerepte bosveld van Shishangeni Private Game Lodge in die Nasionale Krugerwildtuin.

Hoogtepunte

10 gaste word in 5 luukse tent-suites geakkommodeer
Geleë in die Nasionale Krugerwildtuin
Groot 5 wildritte asook self-ry wildbesigtigingsritte
Kinders ouer as 16 jaar welkom

Jou Ervaring

Camp Shonga is geleë aan die voet van die pragtige Lebombo berge in die befaamde Kruger Nasionale Wildtuin. Die akkommodasie is intiem en bied 'n luukse en ontspannende atmosfeer aan gaste wat wil ontsnap van gejaagde stadslewe. Hierdie outentieke woonplek probeer op ’n volhoubare wyse bestaan sodat daar ’n minimale impak op die onmiddellike omgewing is.

Hier val die klem op die gas se algehele blootstelling aan die natuur. ’n Aangename safari ondervinding word verseker deur die gidse wat hul kennis van die streek en sy diverse ekosisteme met die gaste tydens die wildritte deel. Wees op die uitkyk vir die baie roofvoëls in die omgewing soos die Breëkoparend en die Berghaan. Die bekende Groot 5 is ook te siene!

Camp Shonga akkommodeer ongelukkig geen kinders onder die ouderdom van 16 jaar nie.