Geniet die Rustigheid - Aktiwiteite
Kruger Nasionale Park

Imbali Safari Lodge bied opwindende safari-aktiwiteite aan wat wildritte in oop 4×4 voertuie en ’n bos stap safari insluit.

Safari-aktiwiteite

Gaan in die oggend uit op ’n insiggewende begeleide wildrit in die privaat konsessie van die Nasionale Krugerwildtuin op soek na wild soos Olifante, Zebras en Blouwildebeeste en dalk is jy gelukkig en kom ’n trop leeus tee. Miskien word die wildrit op ’n skilderagtige plek onderbreek vir ontbyt in die bos.

Daar is elke dag twee wildritte en in die somer vertrek die oggendrit om 05:30 en die laatmiddag-vroegaand rit om 17:30. In die kouer wintertyd vertrek die oggendrit om 06:00 en die laatmiddag-vroegaand rit om 16:00.

Die oggendrit duur ongeveer 3 uur en die laatmiddag-vroegaand rit duur sowat 4 uur met ’n stop om die sonsondergang te bewonder voordat daar na nagdiere gesoek word. In die namiddag is die lêstoele die perfekte plek om terug te sit en te ontspan nadat jy in die swembad of die private jacuzzi op die dek van jou suite afgekoel het. Voor die laatmiddag-vroegaand wildrit is daar ’n smaakvolle laatmiddag tee.