Geniet die Rustigheid
Kruger Nasionale Park

Imbali Safari Lodge bied paartjies ’n romantiese safari-wegbreek in 12 elegante suites wat langs ’n pragtige rivier in ’n privaat konsessie van die Nasionale Krugerwildtuin geleë is.

Hoogtepunte

Elke suite het ’n privaat houtdek met 'n jacuzzi of plonspoel
Wildritte en ’n stap safari
Uitstekende voëlkyk gebied
Geleë in Groot 5-omgewing

Jou Ervaring

Hierdie romantiese verblyfplek in die Nasionale Krugerwildtuin is in die ongerepte wildernis van die privaat Mluwati konsessie geleë. Imbali Safari Lodge bou op die tradisie van ’n safari in die romantiese styl van ’n vroeë era.

Die elegante ontwerp en rustige atmosfeer maak dit ’n wonderlike bestemming vir ’n wittebroodspaartjie of die perfekte plek om die jawoord te vra. Akkommodasie is in luukse privaat kamers wat gemaklik gemeubileer is met die sit-eetkamer wat uitloop op ’n ruim dek met ’n uitsig oor die rivier.

Die plonspoel is die ideale plek om af te koel en te kyk na die wildlewe wat verbykom. Gaan op begeleide wildritte om die gebied se wild te sien, insluitend die Groot 5, of geniet ’n piekniek in die bos.

Geniet die lekkernye van die koloniale styl teeyd om 16:00 uur smiddags, sappige aandetes, sigare en brandewyn terwyl jy by hierdie safari-lodge bly. Neem die ongerepte skoonheid van die bos in en gaan vertel jou eie stories oor jou Afrika safari tuis. Kinders ouer as 6 jaar oud is welkom.