Bosveld Erfenis - Jou Verblyf
Kruger Nasionale Park

Jock Safari Lodge was die eerste privaat lodge om gaste in die hart van Afrika se voorste wildreservaat - die Krugerwildtuin te akkommodeer.

Jou Kamer

Jock Safari Lodge bied akkommodasie in 12 luukse suites aan, wat gaste die unieke geleentheid bied om die genotvolle styl van ou wêreldse-elegansie te beleef, terwyl hulle omring word deur die ongerepte wildernis. Elke kamer is elegant gemeubileerd en het baie klein dingetjies om jou welkom te laat voel.

Die romantiek en elegansie van die verlede word weerspieël in hierdie unieke luukse lodge. Die suites neem hulle tema uit Sir Percy Fitzpatrick se klassieke Jock of the Bushveld-boek, ’n storie wat geskryf is ten tye van Suid-Afrika se eerste goudstormloop.

Elke suite het lugversorging en toegerus met ’n weelderige hemelbed en en-suite badkamers met 'n diep Victoriaanse styl bad en ’n buite-stort. Die suites het hulle eie swembaddens en privaat buitenshuise sitkamers wat oor die rivier uitkyk.