Bosveld Erfenis - Aktiwiteite
Kruger Nasionale Park

Jock Safari Lodge offer twelve secluded thatched suites with utter privacy veiled with lush trees and reed walls.

Wildritte

Die verblyfplek bied begeleide wildritte in oop Land Rovers aan. Jy sal vergesel word van ’n gewapende, gekwalifiseerde veldwagter en ’n ervare spoorsnyer. Jock Safari Lodge, in die Nasionale Krugerwildtuin, bied opwindende safari-aktiwiteite soos wildritte op soek na die Groot 5 naamlik die Leeu, Olifant, Luiperd, Buffel en Renoster in die beste van Suid-Afrika se wildreservate.

Stap Safari

Gaan op ’n opwindende stapsafari met ’n gewapende spoorsnyer na ontbyt. Hierdie bos staproetes bied jou ’n meer intieme ontmoeting met die natuur en wildlewe soos wat jy saam met die spoorsnyer na die diere soek.

Die Pelgrimsrus Spa

Met uitsig oor die oase van 'n rustige tuin is die Pelgrimsrus Spa ten volle toegerus met terapie- en ontspanning kamers, hidroterapie bad, stoomkamer en ’n sauna. Gaste kan ook spa behandelings in die privaatheid van hulle kamers geniet. Kies uit 'n verskeidenheid gesig behandelings of geniet ’n manikuur of pedikuur. Ontspan in die stoomkamer of word bederf met een van ’n aantal sensuele masserings soos ’n Afrika-kopmassering, Afrika-hout of diep-weefsel massering. Geniet miskien ’n Sweedse massering wat spierpyn verlig en bloedsomloop verhoog.

Troues

’n Troue by Jock Safari Lodge in hierdie romantiese omgewing is intiem, privaat en absoluut spesiaal omdat jy omring word deur die ongerepte wildernis. Daar is verskeie trou-pakkette wat by elkeen se individuele behoeftes pas. Hou asseblief in gedagte dat dit nie akkommodasie, etes en drankies insluit nie.