Woud Wegbreek - Aktiwiteite
Kosibaai Natuurreservaat, KwaZulu-Natal

Snorkel is ’n moet-doen aktiwiteit by Kosi Forest Lodge, omdat die riviermond helder water en ’n oorvloed waterlewe het.

Snorkel

Snorkel is ’n moet-doen aktiwiteit by Kosi Forest Lodge, omdat die riviermond helder water en ’n oorvloed waterlewe het. Dit is ’n genotvolle en leersame aktiwiteit wat almal in die familie sal geniet. Die riviermond is ’n uur se ry vanaf die kamp en moet met ’n 4x4-voertuig aangepak word. Oordragsritte is beskibaar en die snorkeltoerusting is dan ingesluit.

Bootvaarte

Die kanale in iSimangaliso Vleiland Park kan rustig met ’n boot ontdek word en is ’n goeie manier om die konservasie area te verken. Bootvaarte vanaf Kosi Forest Lodge is opvoedkundig en ’n fanastiese manier om die kinders se belangstelling in die natuur te verhoog.

Paartjies op ’n romantiese wegbreek kan een van die vele kanale van die Kosi meer op ’n geleide kanoe-toer ontdek.

Voëlkyk

Kosi Forest Lodge is ’n voëlkyker se paradys. Die iSimangaliso Vleiland Park se unieke eko-sisteem is die tuiste van ’n verskeidenheid rare voëlspesies. Dit is een KwaZulu-Natal se mees diverse ekologiese areas.

Woud Wandelinge

Kosi Forest Lodge is omring met ’n beeldskone natuurlike raffiapalm woud. Jy kan die roetes te voet verken en rustig onder die digte blare wandel. Een van KwaZulu-Natal se unieke eko-sisteme waaroor jy met ’n wandeling meer kan leer en na die gesing van die voëls luister. Hou jou oë oop vir die beeldskone skoenlappers.

Seeskilpad-spoorsny

Kosi Forest Lodge bied ’n unieke ervaring aan wat jou toelaat om seeskilpaaie te sien soos wat hulle hul eiers op die stand lê. Hierdie toer geskied gedurende die somermaande (November - Februarie) wanneer die wyfies eiers lȇ. Kosibaai fokus op konservasie en hierdie spoorsny aktiwiteit speel ’n belangrike rol in die verstaan en preserveer van die spesie. 

Bos Maaltye

Geniet ’n hartlike ontbyt met die geroep van die visarend in die agtergrond. Pak ’n piekniekmandjie en eet dit op die strand. Sluit jou dag af met ’n privaat kersligete onder die sterre. Kyk hoe die seekoeie gaap terywl jy luilê langs die swembad wat oor die Shengeza meer uitkyk. Nog  'n skemerkelkie?

Kinders kan hul maaltyd voor hul ouers eet, sodoende kan die ouers ’n romantiese aand saam om die kampvuur kan geniet.