Woud Wegbreek - Jou Verblyf
Kosibaai Natuurreservaat, KwaZulu-Natal

By hierdie woud wegbreek is lke suite is versigting uitgelê om privaatheid vir elke gas te verseker.

Jou Kamer

Die suites by Kosi Forest Lodge is van gras en ander natuurlike materiale gemaak, sodat dit ’n minimale impak op die reservaat maak. Die natuurlike afrondings en holistiese ontwerp leen ’n romantiese en outentieke atmosfeer wat aanpas by die natuurskoon.

Paartjies sal die afgesonderde en intieme oop-plan grasdak suites in die woud geniet. Elke suite het ’n private en romantiese buitelugbad.

Al die chalets slaap 2 mense. Die familie suite bestaan uit 2 chalets wat langs mekaar gebou is, en kan 4 mense akkommodeer. Elke kamer het 2 enkelbeddens of 1 dubbelbed, ’n en-suite badkamer en ’n buitelug badkamer, kas, muskietnet en ’n privaat besigtigingsdek.

Fasiliteite

By Kosi Lodge Forest is jou kamer toegerus met tee en koffie maak fasiliteite. Jy het toegang tot die swembad, ope-lug kroeg, eetkamer en publieke ontspanningsarea. Kamers beskik oor ’n kluis en elektrisiteit.

Addisionele Geriewe:
Kinderopassersdienste is beskikbaar met vooraf reëling
Swembad
Gemeenskaplike ontspanningsarea met Wi-Fi