Woud Wegbreek
Kosibaai Natuurreservaat, KwaZulu-Natal

Kosi Forest Lodge is die perfekte romantiese wegbreekbestemming in die asemrowende iSimangaliso Vleiland Park in KwaZulu-Natal.

Hoogtepunte

Geleë in die unieke eko-sisteem van iSimangaliso Vleiland Park
Hope water-aktiwiteite 
Intiem en romanties 
Familie- en kindervriendelike akkommodasie
Internasionaal erkende Wêreld Erfenis Gebied

Jou Ervaring

Kosi Forest Lodge is een van KwaZulu-Natal se beste, mees intieme en romantiese wegbreekbestemmings. Geleë in die beeldskone iSimangaliso Vleiland Park, ’n erkende Wêreld Erfenis Gebied, Kosi Forest Lodge se ongerepte en afgesonderde ligging maak dit ideaal vir ’n romantiese wegbreek of wittebrood. Vanaf Kosi Forest Lodge het jy maklike toegang tot sommige van Suid-Afrika se mooiste Indiese Oseaan strande.

Die area se water-ryk habitasie en eko-sisteem is prettig om te ontdek en daar is hope aktiwiteite om aan te pak by hierdie woud wegbreek. Een van die aktiwiteite is ’n ontspannende bootvaart wat jou toelaat om voëls te kyk. Of pak ’n sambreel in en spandeer die hele dag op een van die naby geleë strande. Gaste op ’n romantiese wegbreek kan stadig in die intieme, digte woud stap en die beeldskone sonsondergang op die meer by Kosi Forest Lodge met ’n skemerkelkie in die hand beleef.

Word wakker met die vredevolle geroep van die voëls in die bome, met ’n koel briesie wat deur jou grasdak suite waai. Begin dan die dag met ’n smaakvolle ontbyt, voordat jy uitgaan en die ongerepte skoonheid van die iSimangaliso Vleiland Park ontdek. Die romantiese kersligetes sluit die dag op die regte noot weer af.