SQLSTATE[HY000]: General error: 144 Table './aatc/tiger_page_view' is marked as crashed and last (automatic?) repair failedKlipspringer - Soogdiere - Suid Afrika

Klipspringer

© Nigel Dennis

Naam

Klipspringer (Oreotragus oreotragus).
Die naam Klipspringer kom van Afrikaans af en verwys na die dier se vermoë om vryelik in rotsagtige gebied rond te beweeg, oënskynlik op die punte van sy hoewe.

Orde

Artiodactyla (Ewehoewiges)

Familie

Bovidae (Horingdraers)

Voorkoms

Die Klipspringer is ’n klein boksoort wat 11 - 13 kg weeg en die skouerhoogte is 500 - 600 mm. Die ooie is effens groter as die ramme. Die ramme het klein kort horinkies van 10 cm lank (die rekord is 16 cm) en dit het slegs ringe by die basis.
Die Klipspringer het kleinerige ronde ore wat ver agter op die kop sit met merkbare donker merke binne-in. Hulle het lang hare wat skerp en bros is, wat dig teen hulle lywe lê, en is in skakerings van grys, geel, bruin of rooi met ’n wit ken en lippe. Die groot swart pre-orbitale klier is opmerklik.

Dieet

Hulle dieet bestaan uit die selektiewe eet van blomme, sagte groen lote en vrugte van ’n wye verskeidenheid struike en kruie. Hulle eet amper nooit gras nie. Hulle is nie afhanklik van drinkwater nie.

Voortplanting

’n Enkele lam word meestal gedurende die lente of somer na ’n dratyd van ses maande gebore en word na een jaar uit die groep geskop, sodra dit feitlik volwassenheid bereik het.

Sosiale Gedrag

Ramme en ooie vorm blywende bande en albei geslagte verdedig hulle permanente gebied. Groepe van hoogstens agt word soms saam gesien, wat waarskynlik familiegroepe van nabygeleë gebiede is.

Habitat

Die Klipspringer het ’n beperkte habitat voorkeur, naamlik baie rotsagtige omgewings van bergagtige gebiede en koppies. Dit help hierdie vlugvoetige soogdier om van roofdiere te ontsnap.

Verspreiding

Hulle kom in die volgende gebiede in Suider-Afrika voor naamlik die Soutpansberg en Lebombo bergreekse en voetheuwels, langs die Kuisebrivier in die Namibwoestyn, by die laer Oranjerivier en algemeen in die bergstreke van die Wes-Kaap. Hulle is minder algemeen in die Drakensberg-bergreeks.

Spoor beskrywing

Klipspringers loop op die punte van hulle hoewe, wat lang, smal sole en stomp afgeronde punte het. Die afgeronde hoewe is ’n aanpassing om rond te beweeg op die rotsagtige terrein waar dit bly.

Statestieke

Gewig (Vroulik): 11-16 kg
Gewig (Manlik): 9-12 kg
Lengte (Vroulik): 82 cm
Lengte (Manlik): 82 cm
Tydperk van Swangerskap: 7 maande
Aantal Lammers: 1 lammetjie
Orde: Artiodactyla
Familie: Bovidae
Hornings: 10 cm (rekord - 16 cm)
Teling: ‘n Enkele lam is gebore enige tyd gedurende die jaar na ‘n swangerskap tydperk van 7 maande.