Begin jou dag met ’n vroegoggend wildbesigtigingsrit deur die Klaserie Wildreservaat.
Die son wat oor die bos opkom is ongelooflik om te sien en is die ideale lig vir fotografie. Wildbesigtigingsritte word deur ervare gidse en spoorsnyers in oop 4x4-voertuie aangebied. Elke rit is ’n geleentheid om nader aan die diere van Afrika te kom. Die gids en spoorsnyer deel graag hul kennis oor die diere en hul spore met jou en vinnig-vinnig sal ’n geheime wêreld aan jou uitgewys word.
nThambo Tree Camp bied ’n opsionele geleide bos wandeling in die laat oggend aan. ’n Goeie manier om bene te strek, ontbyt af te werk en die kleiner diere en plante van die eko-sisteem te sien. Laat in die middag is dit weer tyd om uit te gaan op die tweede wildbesigtigingsrit van die dag.
Daar is twee inwonende leeu troppe in die Klaserie Natuurreservaat en hulle kruip dalk net agter die volgende draai weg... Die laatmiddag en vroegaand is die beste tyd om groot wild te sien, aangesien hulle meer aktief begin raak wanneer die temperatuur daal. Dors diere vind hul pad water toe en die bos kry ’n nuwe asem. Gedurende hierdie rit sal jou gids ’n uitsigpunt vind waar almal skemerkelkies kan geniet, voordat die pad terug kamp toe gevind word.
In die donkerte gebruik die gidse ’n soeklig om die nagtelike diere uit te wys. Die blink van hul oë is gewoonlik die eerste ding wat gesien kan word. Hou jou ore oop vir die gelag van die hiënas en moenie vergeet om in die bome te kyk vir die luiperd nie.
Die verblyf wat weggesteek is tussen die bome se blare is tot groot voordeel vir voëlkyk liefhebbers. Meer as 500 voëlspesies woon in die Klaserie Natuurreservaat en nThambo Tree Camp is daarom ’n voëlkyker se paradys. Spandeer tyd op jou privaat balkon, in die gemaklike leunstoel met jou verkyker in die hand en tel hoeveel verskillende voëls jy kan sien.
Klaserie Natuurreservaat is veral bekend vir sy swartaasvoël populasie, omdat die reservaat een van die primêre broeiplekke vir dié bedreigde spesies is. Jy sal hulle in die lug sien swerf in sirkels. Swartaasvoëls, wit gekruisde aasvoëls en gekapte aasvoëls word in die area gevind.