Geleë oog-hoogte met die bome se blare
Eko-vriendelike kamp – Kamers gebou met natuurlike materiale op houtpale in die ope bos
Geleë naby ’n watergat wat gereeld besoek word – goeie opsie vir wild besigtiging
Uitsigte van die Drakensberg-bergreeks
Klein en privaat, perfek vir ’n romantiese wegbreek
In die hartjie van die manjifieke Klaserie Natuurreservaat lê nThambo Tree Camp. Die chalets is gebou op houtpale en is ’n eko-vriendelike ontwerp. Die opgeligte posisie van elke chalet verseker dat jou verblyf by nThambo Tree Camp ’n unieke ervaring is.
Die interieur is minimalisties met ’n neutrale kleurskema om ’n holistiese, sag en romantiese atmosfeer te skep. Die Klaserie Natuurreservaat deel ’n omomheinde grens met die Kruger Nasionale Park en kan daarom as ’n wildhemel omskryf word. Groot wild beweeg vrylik rondom nThambo Tree Camp se gronde en gaste kan hulle sien afkoel by die lodge se nabye watergat.
Elke suite by nThambo Tree Camp het ’n prentjiemooi uitsig oor die kamp. Met die reservaat in die agtergrond en die bome in die voorgrond is dit die perfekte romantiese wegbreekbestemming vir gaste wat opsoek is na ’n stil, intieme spasie. Paartjies van alle ouderdomme wat opsoek is na ’n rustige Afrika avontuur sal by nThambo Tree Camp hul toevlug vind.