Rustige en Luukse Aftog - Aktiwiteite
Karongwe Wildreservaat, Limpopo

Kuname Lodge is weggesteek in die 9 000 hektaar Karongwe Privaat Wildreservaat wat die tuiste is van ’n reeks diere.

Wild Besigtiging

Die bekende Groot 5, asook ’n indrukwekkende verskeidenheid voëlspesies word in die area gevind. Die reservaat spog met diverse habitatte, drie ewige-riviere en massiewe jakkalsbessie- en hardekoolbome.

Hierdie elegante lodge en herehuis bied twee-daaglikse wildbesigtigingsritte in oop safari-voertuie aan. Gedurende jou rit sal ervare gidse hul uitgebreide kennis oor die bosveld met jou deel. Op die laat-middag rit sal jy ’n skemerkelkie op ’n beeldskone uitsigpunt kan geniet, terwyl jy kyk hoe die son oor Afrika sak.

Bos Maaltye

Kuname Lodge is trots op hul span top-klas sjefs wat smaakvolle Afrika disse vir die gaste van die lodge voorberei. Elke maaltyd sal ’n kulinêre ervaring wees, en selfs die moeilikste eters sal hier hul lippe aflek.

Maaltye word in verskillende liggings in en om die lodge bedien, soos die formele eetkamer of die buitelug boma. Private wynkelder etes kan met aanvraag en beskikbaarheid georganiseer word. Spesiale dieetversoeke kan na omgesien word met vooraf reëling.

Die lodge se kroeg is gelisensieer en bedien ’n verskeidenheid plaaslike en internasionale wyn, bier, siders en sterk drank.