Kuname Lodge se akkommodasie opsies is die lodge en herehuis op die perseel.
Die lodge bestaan uit luukse chalets wat toegevou is in die digte Suid-Afrikaanse bos en daarom die beste privaatheid bied. Al die lodge suites is lugversorg en het ’n reeks geriewe, insluitende binne- en buitelugstorte, ’n haardroeër, klein kamerkroeg en tee en koffie maak fasiliteite. Ontspan op jou privaat houtdek en neem die skoonheid van die natuur rondom jou in. Of, lê terug in jou private buitelug bad en kyk na die verskeie wild wat afkom na die rivier om te drink.
Die koloniale-styl herehuis het 2 en-suite badkamers, ’n groot leefkamer, loft en ten volle toegeruste kombuis. Die huis kan tot 6 gaste akkommodeer. Boon-op die standaard kamergeriewe is daar ook ’n private plonspoel en personeel beskikbaar om na elkeen van jou behoeftes om te sien.
Alle fasiliteite by Kuname Lodge het ’n unieke romantiese atmosfeer. Gaste kan kies of hulle langs die helder swembad wil luilê, of ’n boek in die biblioteek wil lees. Die spa op die perseel het ’n reeks behandelinge soos manikure, pedikure en masserings wat jou verfris huis toe sal laat gaan.
Ander geriewe sluit in:
Swembad
Kroeg
Gemeenskaplike eetarea
Biblioteek
Spa
Veilige parkering
Wasgoed dienste
Wi-Fi beskikbaar in die hoof lodge