Rustige en Luukse Aftog
Karongwe Wildreservaat, Limpopo

Kuname Lodge is ’n elegante lodge en herehuis in die Karongwe Wildreservaat in Limpopo, Suid-Afrika.

Hoogtepunte

Romantiese en private akkommodasie met uitstekende diens
Asemrowende uitsig, diverse landskap en hope wild
Kuvenyami-rivier en watergat naby
Gourmet maaltye
Geen kinders onder die ouderdom van 12-jaar nie

Jou Ervaring

Kuname Lodge is in die Karongwe Wildreservaat naby Hoedspruit geleë en is heerlik ingerig vir wittebroodreisigers en paartjies. Dit is die perfekte plek vir ’n ustige en luukse aftog. Die reservaat is die tuiste van die wêreld-bekende Groot 5, asook ander soogdier- en voëlspesies. Van die verblyf tot die veld, Kuname Lodge beloof jou ’n onvergeetlike en opwindende safari.

Jou akkommodasie by die elegante lodge en herehuis is privaat, en goed-opgeleide en vriendelike personeel sal jou soos koninklikheid hanteer. Kuname Lodge fokus op romanse en hier sal elkeen van jou behoeftes na omgesien word.

Nie net sal die personeel jou soos koninklikheid hanteer nie, maar die luukse akkommodasie sal jou soos koninklikheid laat voel. Opulent gemeubileer, beide die lodge en die herehuis het ’n romantiese atmosfeer.

Jou besoek aan Kuname Lodge sal een wees wat jy vir altyd sal onthou. Beeldskone oomblikke met jou geliefde, pragtige wild uitsig en ’n romantiese atmosfeer; ’n stukkie hemel op die Afrika kontinent.