Afgeleë en Ontspannend - Aktiwiteite
Kariega Wildreservaat, Oos-Kaap

Die eienaar-bestuurde Kariega Privaat Wildreservaat is in die malaria-vrye Oos-Kaap provinsie geleë.

Wildbesigtiging

Die reservaat bied ongelooflik nabye wild besigtinge, met gereelde aanskouings van renoster, buffel en luiperd. Die reservaat het egter ’n groot verskeidenheid soogdiere en voëlspesies. Daaglikse wildbesigtigingsritte in luukse oop safari voertuie verlaat Kariega Settlers Drift Lodge vroeg in die oggend en laat in die middag onder die leiding van ervare gidse.

As jy egter opsoek is na ’n meer fisiese ervaring, kan jy een van die vele staproetes ontdek in die roofdier-vrye oostelike deel van die reservaat. Wil jy graag fotos van ’n verskeidenheid diere en voëls neem? Kariega Wildreservaat kan hierdie droom van jou laat waar word. Fotografiese safari’s met ’n ervare fotograaf gids en privaat, gespesialiseerde 4x4-voertuig kan gereël word. Hierdie safari’s is ontwerp om te verseker dat jy die beste moontlike fotos kan neem.

Daar is baie om te doen by Kariega Settlers Drift Lodge, asook verskeie uitkykpunte van waar jy jou omgewing kan inneem. Behalwe vir die wildbesigtigingsritte en begeleide bos wandelinge kan jy ook die waters van die reservaat ontdek. Gaan uit op ’n kanoe avontuur, of ’n bootrit wat stadig in die rivier afgaan – beide opsies is fantastiese voëlkyk geleenthede.

Bos Etes

Maaltye by Kariega Settlers Drift Lodge is ekstravagant, met heerlike disse wat kennerlik voorberei is deur hoogs gekwalifiseerde sjefs. Ontbyt bestaan uit ’n koue buffet en warm keuse spyskaart, terwyl middagete as ’n buffet bedien word met ’n verskeidenheid soet en sout opsies. Aandetes is ’n drie-gang, vooraf beplande spyskaart wat uit ’n heerlike voorgereg, hoofgereg en nagereg bestaan. Alle maaltye word vars voorberei en is deur egte Suid-Afrikaanse disse geïnspireer. Saam met jou maaltyd kan jy ’n plaaslike, of ingevoerde, wyn uit die wynkelder bestel. Daar is ook ’n kroeg wat sterker drankies en bier bedien.