Afgeleë en Ontspannend
Kariega Wildreservaat, Oos-Kaap

Kariega Settlers Drift is ’n 5-ster, luukse tent lodge in die Kariega Wildreservaat in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Hoogtepunte

Luukse tent akkommodasie met privaat besigtigingsdekke en uitsigte oor die Boesmansrivier
Bootritte op die rivier, begeleide bos wandelinge, kanoe avonture en visvang
Opgeligte, moderne ontspanningsarea met hope natuurlike lig wat instroom en ’n kroeg wat oor die vallei uitkyk
Los-staande bad, met dak-tot-vloer venters wat jou ongelooflike uitsigte bied
’n Swembad, oog hoogte met die bome en uitsigte oor die vallei

Jou Ervaring

Kariega Settlers Drift Lodge, geleë in die Kariega Privaat Wildreservaat in die Oos-Kaap, bied beide luukse akkommodasie en ’n egte safari ervaring aan. Dier besigtinge is volop en sluit in nabye aanskouings van ’n verskeidenheid soogdiere - insluitend renoster, buffel en luiperd. Die reservaat het ook meer as 280 voëlspesies en daarom is hierdie 5-ster luukse tent lodge in die Kariega Wildreservaart ’n gesogde bestemming vir entoesiastiese voëlkykers.

Kariega Settlers Drift Lodge is gebou op hout stellasies, sodat dit opgelig is tussen die bome en oor die Boesmansrivier vallei uitkyk. Die tente is fantasties ontwerp, weggesteek tussen die bome, total afgesonder van mekaar en bied totale privaatheid en luukse gemak. Dak-tot-vloer venters maak op ’n privaat besigtigingsdek oop wat hoog oor die vallei uitkyk. Ontspan in jou los-staande bad en geniet die groenigheid van die vallei voor jou.

By Kariega Settlers Drift Lodge kan jy tussen die wildbesigtigingsritte kanoe avonture en bos wandelinge aanpak, of bloot langs die swembad ontspan. Geniet ’n ys-koue drankie op die lodge se stoep en neem die indrukwekkende uitsigte ver onder jou in. Die diverse fasiliteite en aktiwiteite, van buitelug avonture tot die perseel spa, sal selfs die mees kieskeurige besoeker vir ure op ’n slag besig hou. Die hele lodge is lig, modern en elegant gebou – van die kaggels tot die buitelug vuurput en boma.

Dit is ontwerp om erkenning aan die skoonheid van die bos te gee en laat jou toe om die ongelooflike uitsigte te bewonder. Kariega Settlers Drift Lodge bied jou die geleentheid om mooi herhinneringe te maak om saam met jou terug te neem huistoe.