Kapama Southern Camp bied vroegoggend en laatmiddag wilbesigtigigsritte aan.
Jou dag begin met tee en koffie by jou voordeur en daarna gaan jy uit in die bos in. Jou rit begin met sonopkoms en word deur opgeleide gidse en spoorsnyers begelei.
Volg die wild se spore en kyk uit vir die verskeidenheid groottes en tipes. Met die kennis van die gidse byderhand, kan jy verseker wees van ’n ongelooflike ervaring. Jou gids sal vir jou al die verskillende diere en hul interaksies met mekaar uitwys.
Kapama Southern Camp bied fotografie werkswinkels aan vir dié wat graag hul fotografie vaardighede wil verbeter. Die werkswinkel is op beginner en intermediêre fotograwe gemik, en word aangebied deur ’n professionele wild fotograaf.
Hierdie dag-lange kurses sluit klaskamer teorie en praktiese ervaring in. Tydens die kurses sal jy op ’n wildbesigtigingsrit in ’n private voertuig uitgaan, spesiaal toegewy aan dié wat aan die kurses deelneem.
Spandeer ’n romantiese nag onder ’n kombers van sterre buite in die wild. Kyk hoe die son sak met ’n yskoue drankie in jou hand en jou geliefde aan jou sy. Aandete bestaan uit ’n vyf-gang maaltyd wat vaardig voorberei is deur ’n privaat sjef en bedien word by jou intieme tafel vir twee.
Na aandete klim jy op by die opgeligte platvorm na jou koning-grootte bed wat met wit beddegoed oorgetrek en mooi muskietnette gedrapeer is. Die platvorm is volmaak met ’n luukse badkamer onder wat veilig teen diere ontwerp is.
Jou gids sal jou aflaai net voor sonsondergangs en terug kom na jou toe na sonsopkoms. Sodoende kan jy ’n aand in totale privaatheid, toegevou in lantern lig, geniet. ’n Twee-weg radio en selfoon word vir jou gegee sodat jy gerus kan wees.