Kapama Southern Camp bied jou die geleentheid om terug te sit en te ontspan in die skoonheid van die lodge se wilde omgewing.
Al die suites is natuur-geïnspireerd, ruim en het ’n kontemporêre gevoel wat rustigheid uitstraal.
Die suites is versier in rustige skakerings wat die bos reflekteer. Al die kamers het moderne geriewe, insluitend lugverkoeling, ’n klein kamerkroeg en tee- en koffie fasiliteite.
Die Suites het volle en-suite badkamers, met prentjie-mooi vensters en ’n private stoep vir leuenstoel wildbesigtiging en voëlkyk. Die Luukse Suites kom met hul eie privaat swembad, binne- en buite stort, groot kamerkroeg, espresso masjien en oop vuurmaakplek.
Die Familie Luukse Suites het ’n aanlopende slaapkamer vir kinders, insluitend hul eie badkamer met ’n stort en ’n bad, en ’n stoep met ’n swembad.
Die ruim en rustige gemeenskaplike areas van die ontspanningskamer en swembad dek is die ideale plekke om die omliggende skoonheid, met ’n skemerkelkie in die hand, in te neem. Sit terug en voeg nog vele voël- en dier besigtiginge by jou oneindige lysie. Dit is als afgerond met ’n vriendelike kroegman wat jou glas sal vol hou.
Swembad
Wynkelder
Buitelug boma
Ontspanningsarea