Privaat Luukse Suites
Kapama, Groter Kruger

Kapama Southern Camp is die beste bestemming om jou geliefdes heen te neem vir ’n ongelooflike siel-verfrissende avontuur, geleë in die suide van Kapama Private Wildreservaat.

Hoogtepunte

Sonsopkoms en sonsondergang safari wildbesigtigingsritte in die Kapama Privaat Natuurreservaat, begelei deur ’n gids en spoorsnyer
’n Keuse tussen suites, insluitend luukse familie suites met ’n aanlopende slaapkamer vir kinders, en ’n swembad
Alle suites het ’n houtdek met panoramiese uitsigte
Kinders van alle ouderdom is welkom
Addisionele aktiwiteite beskikbaar, soos fotografie safaris, warmlugballonritte en ’n romantiese uit-slaap in die bos

Jou Ervaring

Jy kan jou tyd in die gemak van jou privaat kamer of in die opulente gemeenskaplike spasies spandeer. Bring jou familie en geniet ’n rustige wegbreek waar jy in luuksheid toegevou sal word. Jou bad het ’n uitsig oor die bosveld van die wildreservaat en jy kan heerlik in hom ontspan en terapeutiese tyd vir jouself neem.

Koel af van die Suid-Afrikaanse hitte deur in die koelte of op ’n sonbed by die swembad te sit, óf duik in die swembad voordat jy ’n yskoue drankie van die kroeg geniet. Ontdek die reservaat vanaf ’n oop safari voertuig met jou gids en spoorsnyer en sien die egte skoonheid van Afrika. Die sjefs van Kapama Southern Camp berei jou kos voor op ’n oop vuur, en daarna eet jy gesellig onder die sterre in regte Afrika styl.