Wanneer die son agter die Drakensberg gesak het, is dit tyd om terug te gaan en reg te maak vir aandete.
Kapama Karula Lodge bied jou oggend en middag wildbesigtigingsritte aan. Vroegoggend begin met tee- en koffie, voordat jy uitgaan met dagbreek. Die wildbesigtigingsritte word onderneem in 4x4-voertuie en word deur goed opgeleide gidse en spoorsnyers begelei.
Hier staan jy ’n goeie kans om die Groot Vyf te sien, asook die kleiner en rare wild. Halfpad deur jou rit sal julle vir ververserings stop, voordat julle na die lodge toe teruggaan vir ’n laat ontbyt. Laatmiddag is die tyd vir die tweede wildbesigtigingsrit.
Wanneer die skaduwees langer begin word, begin die diere weer beweeg en is die beligting perfek vir ’n prys-wenner foto. Jou gids sal vir jou met sonsondergangs ’n uitkykpunt vind waar jy uit die voertuig kan klim en ’n skemerkelkie kan geniet. Wanneer die son agter die Drakensberg gesak het, is dit tyd om terug te gaan en reg te maak vir aandete.
Na afloop van die dag se aktiwiteite, besoek Kapama Karula Lodge se welwees spa en geniet ’n verskeidenheid ontspannende behandelinge.
Daar is ’n verskeidenheid opsies vir half-dag behandelinge en aanbiedinge van ’n lyfmassering, kopmassering en gesigbehandelinge. Die welwees sentrum is ten volle toegerus met moderne toerustig, ’n stoomkamer en borrelbad waarin jy jou spiere kan ontspan.