Gesog en Ruim
Kapama, Groter Kruger

Kapama Karula Lodge in Kapama Privaat Natuur Reservaat wag vir jou om ’n stukkie paradys in die natuur te kom ervaar. Geleë in die Groter Kruger Nasionale Park, Karula Lodge is ’n bestemming op jou moet-sien lysie.

Hoogtepunte

Vlagskip lodge in Kapama Privaat Wildreservaat
Ontspannende welwees spa en fiksheid sentrum
Romantiese uit-slaap buite in die bos
Alle suites het ’n verhitte swembad wat regdeur die jaar gebruik kan word
Kinders van alle ouderdomme is welkom by die lodge

Jou Ervaring

Kapama Karula beteken “plek van vrede” en Kapama Karula Lodge lewe op na sy naam. Hierdie 5-ster lodge is die luukse vlagskip lodge van die Kapama Privaat Reservaat. Gebou op die bed van die Klaserierivier, hier het jy ongelooflike uitsigte van die gemak van jou suite.

Met eerste intree slag, kry jy al die gevoel van rus en vrede. Kapama Karula Lodge is ideaal vir paartjies wat opsoek is na ’n private bestemming, ryk in styl en opulensie. ’n Privaat dek, ingerig met ’n verhitte swembad en toegeruste klein kroeg, verseker dat paartjies saam kan ontspan en ’n eksklusiewe uitsig van die bos kan geniet.

Dit is ook die perfekte lodge vir ’n familie wegbreek, met spesiale familie suites. Hierdie suites is ontwerp met 2 en-suite slaapkamers, ’n ontspanningsarea en ’n verhitte swembad. Sommige van die suites het omvou vensters, sodat jy wild van enige plek in jou suite kan besigtiging.

Kapama Karula Lodge is ’n deurgangsroete vir diere wat rustig afloop na die rivier om bietjie te gaan drink. Kapama Privaat Reservaat bied twee daaglikse wildbesigtigingsritte en begeleide bos wandelinge aan, waartydens jy die 13,000 hektar Suid-Afrikaanse savannah kan ontdek. Hier sal jy gereeld wild besigtig, en daar is groot troppe buffel, bokke en olifante wat in die reservaat woon.

Waarokal daar groot troppe is, is daar altyd roofdiere wat hulle volg… Na ’n opwindende dag van wild besigtiging kan jy ’n besoek aan die spa aflê vir ’n rustige afsluiting. Die spa is van glas gebou, bied ’n reeks behandelinge vir mans en vroue aan en het ’n uitsig oor die inwonende impalas wat verby loop.

Die fiksheid sentrum is toegerus met beide kardio- en gewigte toerusting wat jou sal help om fiks en gesond te bly. Na jou oefensessie kan jy ’n besoek aan die stoomkamer aflê, voordat jy in ’n yskoue bad klim.

Die ontspanning swembad, gebou met leuenstoele en onderwater borrelbadstrale sal jou welwees sessie voltooi. Dit is ’n huis-weg-van-die-huis, die perfekte plek om ’n wegbreek met jou familie of as ’n paartjie te neem.