Die twee daaglikse wildbesigtigingsritte met ervare gidse en spoorsnyers sal jou in die Suid-Afrikaanse bos invat.
Hier sal jy ’n verskeidenheid wilde diere vind – groot en klein. Jy sal ook naby aan die Groot 5 kan kom vir fantastiese fotografie geleenthede. Observeer die wild en leer hul gedrag ken met die hulp van jou gids. Die wildbesigtigingsritte begin vroeg in die oggend, net soos wat die son begin opkom.
Dit is die beste tyd om wild te sien omdat hulle meer geneig is om rond te beweeg. Meeste diere soek die skaduwee tydens die middag son, of lê en herkou in die skaduwee vir ’n paar ure van die dag. Na jou wildbesigtigingsrit is dit tyd om terug te keer lodge toe vir heerlike kos en ontspanning.
Wanneer die dag weer einde se kant toe trek, en die diere weer aan die gang kom en afgaan na die water, kan jy in die 4x4-voertuig klim vir die tweede wildbesigtigingsrit van die dag. Die ontwykende nagtelike diere begin wakker word en hierdie rit bied jou die kans om hulle te sien.
Trek jou stap skoene aan en gaan te voet uit in die bos in met ’n gewapende gids en spoorsnyer. Leer meer oor die digte bos en die gidse se spoorsny metodes. Kan jy sê watter soort dier dit is deur slegs na die spoor en mis te kyk? Jou gids kan jou ook leer hoe om die geslag van die dier te onderskei sonder om eers die dier te sien.
Bos wandelinge laat jou toe om naby aan die wilde diere te kom. Dit is vreeslik opwindend om naby aan die wild te kom, met die wete dat hulle onbewus is van jou. Verlaat hulle dan weer ongesteur met jou nabyheid.
Kapama River Lodge het drie liggings waar maaltye geniet kan word. Ontbyt en middagete word in die afgesonderde eetarea, genaamd Siyata Lounge, bedien. Dit het groot vensters wat op die Suid-Afrikaanse bosveld oopmaak. In die aande kan jy om ’n oop vuur onder die sterre ontspan en ’n tradisionele Suid-Afrikaanse boma braai geniet.
’n Pan-Afrikaanse buffet, met Suid-Afrikaanse disse en bykosse word bedien. Verlustig jou smaakliere met heerlike warm chakalaka en tradisionele mieliepap. Geniet smaakvolle wildsvleis, byvoorbeeld impala wors en kudu bredie. Vegetariërs en vegaanse word ook bedien met heerlike vars produkte van die lodge se groente tuin. Kapama River lodge bied jou en jou geliefde die opsie om ’n romantiese maaltyd onder die sterre, op die droeë rivierbed, te geniet.