Essensie van Safari
Kapama, Groter Kruger

Is jy opsoek na ’n wild lodge met 'n lewendige atmosfeer, luuksheid en al die beste geriewe? Dan moet jy nie verder as Kapama River Lodge kyk nie! Die lodge is gebaseer in Kapama Privaat Wildreservaat, Groter Kruger Wildtuin.

Hoogtepunte

’n Verskeidenheid suites om van te kies, almal met 'n van oorvloed spasie en ongesteurde uitsigte oor die bos
Drie verskillende maaltydbestemmings
Afrika-geïnspireerde disse, insluitend wildsvleis soos vlakvark en kudu. Vegetarieërs en vegaanse dieëtversoeke kan ook na omgesien word
’n Temperatuur gekontroleerde wynkelder, gevul met goeie Suid-Afrikaanse wyne en Franse sjampanje
Kinders van alle ouderdomme is welkom

Jou Ervaring

Die vars aardse reuk van 'n grasdak en hout afrondings verwelkom jou wanneer jy by Kapama Private Wildreservaat se beeldskone 5-ster lodge instap. Die lodge is gebou op die sagte draai van die Kapama rivier, en die atmosfeer laat jou voel asof jy deel is van die natuur. Hierdie groot, ruim en stylvol versierde lodge bied luukse gemak, pritvaatheid en spasie aan natuur liefhebbers van oral oor. Die helder suites het elk ongesteurde uitsigte oor die omliggende bos.

Hier kan jy wild kyk uit die gemak van jou leuenstoel. Teen die beeldskone agtergrond van die Drakensberg kan jy by die grootste lodge in die Groter Kruger Nasionale Park ontspan en die toevlug geniet. Families, paartjies en solo reisigers is almal welkom hier. Daar is vier verskillende suites om van te kies en iets om almal te pas.

Spandeer jou tyd op wildbesigtigingsritte, sosialiseer om die kampvuur in die aand en gaan slaap in die privaatheid van jou eie suite wanneer jy bietjie alleen tyd nodig het. Spa behandelinge en pamperlange vir paartjies bied ’n wegbreek aan vir totale ontspanning en verfrissing. Die fiksheid sentrum met kardio-masjiene en gewigte laat jou toe om al jou heerlike maaltye af te werk. Die swembad is daar om in af te koel en die karaktervolle olifante dop te hou wanneer hulle in die modder kom speel.