Essensie van Safari - Jou Verblyf
Kapama, Groter Kruger

Die lodge bied 'n verskeidenheid luukse lodges in Afrika-styl vir beide vakansiegangers en sakereisigers in die Kapama Privaat Wildreservaat.

Jou Kamer

Die lodge bied 5 verskillende tipes suites: Spa-suites, Familie Spa-suites, Royal-suites, Deluxe-suites en Standard Courtyard-suites. Al die suites het die volgende standaard geriewe; lugverkoeling, private stoep, en-suite badkamers, koeldrankstasies en ’n klein kamerkroeg.

Die versiering van die suites reflekteer die beeldskone Afrika. Die Spa Suites is ’n klein entjie weg van die hoof lodge, maar naby aan die spa geleë. Gaste wat in die Spa Suites bly kan meer privaatheid geniet. Elke suite het glas deure en raamlose vensters wat ongesteurde uitsigte oor die omliggende bosveld bied.

Elke Familie kamer het drie stoepe en groot slaapkamers waar twee ekstra beddens vir kinders ingedra kan word. Hierdie kamers kan ook deur paartjies opsoek na meer spasie uitverhuur word.

Luuksheid vind nuwe hoogtes met die Koninklike suites. Hierdie suites het aparte ontspanningsareas en ’n uitgestrekte stoep, heerlike ingerig met leuenstolle. Die slaapkamers is en-suite, met ’n bad en ’n dubbele stort wat oor die bos en die inwonende wild uitkyk.

Lodge Geriewe

Wynkelder
Buitelug Boma
Oop-plan ontspannigsarea en kroeg
Media kamer
Swembad