Fantastiese Natuurlike Wêreld - Aktiwiteite
Ithala Wildreservaat, KwaZulu Natal

By Ithala Wildreservaat kan jy die kleiner wild wat in die omliggende landskap wegkruip verken.

Staproetes

Stoeptoere by Ithala Wildreservaat neem ’n verskeidenheid vorme aan. Die oop en beeldskone terrein is enige stap liefhebber se paradys. Daar is staproetes vir alle vlakke beskikbaar. Gidse lei meeste van die staptoere maar daar is kleiner self-geleide opsies beskikbaar. Neem asseblief kennis dat kinders onder die ouderdom van 13-jaar nie op die staproetes toegelaat word nie.

Motor-roetes

Motor-roetes is self-ry wildbesigtigingsritte wat jou deur Ithala Wildreservaat neem. Hierdie roetes kan slegs met ’n 4x4-voertuig aangepak word en gaste moet te alle tye die reëls en regulasies van die reservaat respekteer. Die self-ry roetes is ’n ongelooflike ervaring vir die hele familie. Bly op die gemerkte roetes en jy sal die natuurskoon van ’n reservaat ryk in kultuur en geskiedenis ontdek.

Wild besigtiging

Behalwe vir die oorvloed voëlspesies is daar ook troppe buffel, kameelperd, renoster en ’n verskeidenheid boksoorte in die reservaat. Opgeleide gidse fasiliteer die bos wandelinge. Wildbesigtigingsritte is ook beskikbaar.