Fantastiese Natuurlike Wêreld
Ithala Wildreservaat, KwaZulu Natal

Ithala Wildreservaat is op historiese en wild-ryke grond geleë en bied ’n prettige familie vakansie in die Suid-Afrikaanse wildernis aan.

Hoogtepunte

Slegs 4x4 of hoë 4x2 -voertuie
Familie- en kindervriendelik
Veilig en afgesonderde natuurlike omgewing
Wild besigtiging met ’n verskeidenheid terreine, habitatte, soogdiere, voëls en bome
Ryk in geskiedenis, met bewys van Steen- en Ystertydperk artefakte

Jou Ervaring

Ithala Wildreservaat is ’n historiese ryk area met ’n ongelooflike biodiversiteit. By Ithala Wildreservaat het jy die geleentheid om meer te leer oor die interessante geskiedenis van Suid-Afrika en terselfdetyd die fantastiese natuurlike landskap te verken.

Akkommodasie by Ithala Wildreservaat word aangebied in self-sorg grasdak kothuise wat ontwerp is vir families wat in die bos wil vakansie hou. Dit maak die reservaat ideaal vir families wat opsoek is na ’n plek waar hulle gemaklik kan bly, terwyl hulle Suid-Afrika se landskap en geskiedenis verken.

Ithala Wildreservaat bied buitelug avonture en aktiwiteite aan wat die hele familie gelukkig sal hou. Daar is soveel terreine, roetes en wild om te ontdek. Kom aanskou en word deel van die unieke wild en eko-sisteem van Ithala Wildreservaat.

Die wild wat in die area woon is grotendeels herbivore en daarom is self-geleide wandelinge en toere moontlik in sommige dele van die reservaat. Die aantrekkingskrag van Ithala Wildreservaat is die oorvloed plantlewe en prentjiemooi landskap. Kyk uit vir die vlakvarke wat oor die golwende graslande tussen die rare wilde blomme loop. Vind vir jou ’n geheime waterval tussen die berghange en geniet ’n smaakvolle piekniek.

Die omliggende riviere en natuurlike poele is veilig om in te swem by Ithala Wildreservaat en is gewoonlik ’n absolute bederf vir die kinders. By Ithala Wildreservaat kan jy die kleiner diere van die Suid-Afrikaanse eko-sisteem waardeer. Ontdek die kulturele gebiede, slagvelde en die argeologiese grotte, terwyl jy saam as ’n familie pret het.