Premiêre Watersport Bestemming
Midmar Dam en Natuurreservaat, KwaZulu-Natal

Midmar Dam, geleë in KwaZulu-Natal, is ’n premiêre watersport bestemming met self-sorg akkommodasie naby die water.

Hoogtepunte

Swembad, bootvaarte, kayak avonture en wandelpaaie
Wild besigtinge insluitende sebra, ribok en hartebees
Piekniek- en braaiplekke
Verskeidenheid voëls in die area te vinde
Self-sorg akkommodasie opsies en kampeerplekke

Jou Ervaring

Die aantrekking is die dam self. Menige plaaslike besoekers swerf oor naweke en gedurende die skool vakansie na die dam toe. Die water is veilig om in te swem en die geluid van die bote en jet ski’s op die water, gekombineer met die lag en gesels van families en vriende, is algemeen hier. Elke jaar, in Februarie, vind die bekende Midar Myl hier plaas – die wêreld se grootste ope-water swem geleentheid.

Plaaslike en internasionale besoekers kom na Midmar Dam toe om die semi-tropiese weer van die omgewing ten volle te benut. Midmar Dam is ’n rustige wegbreekbestemming en ’n alternatief vir Durban se strande wat somtyds oorbevolk en chaoties kan wees – veral gedurende die fees-seisoen wanneer al die vakansiegangers strand toe wil gaan.

Die area omliggend aan Midmar Dam is ideaal vir voëlkyk en het verskeie staproetes. Daar is geen rondlopende roofdiere in die area te vinde nie, maar verwag besigtinge van sebra en verskeie bokke.

Daar is braai fasiliteite en piekniekplekke om die dam versprei en gaste kan eenvoudig ontspan en die uitsig geniet. Midmar bied self-sorg akkommodasie aan wat sag op die begroting is, maar ook gemaklik is.