Premiêre Watersport Bestemming - Aktiwiteite
Midmar Dam en Natuurreservaat, KwaZulu-Natal

Midmar Dam is in Howick in geleë en vorm deel van die beginpunt van die Natal Midlands.

Visvang

Moenie vergeet om jou stok en aas saam te bring nie! Midmar Dam bied uitstekende varswater visvang. Karp, bas, scallies en brasem is volop en mag in die toegeskrewe visvang sones om die dam gevang word.

Wildbesigtiging

Of dit nou te voet of op ’n motorfiets is, by hierdie self-sorg akkommodasie kan jy ’n verskeidenheid diere besigtig, soos rooi hartebees, swart wildebees, blesbok, ribbok, oribi en sebra. Bring jou verkykers saam vir ’n bietjie voëlkyk ook.

Bootvaarte

Die dam is gesoneer vir bote en jet ski’s. In die belang van veiligheid moet besoekers in die gespesialiseerde sones bly. Nuwe besoekers aan Midmar Dam kan ’n kaart van die dam by die informasiekantoor aankoop. Die kaart sit die reëls en regulasies uiteen. Motorbootkapteine moet hul kaartjies dra wanneer hulle op die water is. As jy nie jou eie boot het nie kan bootvaarte by ontvangs bespreek word.

Sport Aktiwiteite

Midmar Dam 'n premiêre watersport bestemming in Suid-Afrika en bied ’n aantal wateraktiwietie aan. Dit sluit in kanoe- en kayak avonture en swem. ’n Naby geleë bootwinkel het boot toerusting en windsurfers, kanoes en seilbote wat gehuur kan word. Dit is oop gedurende die naweek en tydens hoog-seisoen periodes. Om in die dam te swem is veilig, solank jy by die kus, weg van die bote af bly. Daar is egter ook ’n klein swembad beskikbaar vir die eksklusiewe gebruik van oornag-gaste. Daar is ook twee tennisbane wat in alle seisoene oop is.