Godsdiens en Oortuigings van die Tsonga Mense

Voorvaderaanbidding

©Dr Peter Magubane

Vandag behoort meer as die helfte van die Tsonga aan Christelike kerke, veral die Onafhanklike Kerke of die Evangeliese Presbiteriaanse Kerk (voormalige Switserse Mission). Christenskap lok al hoe meer aanhangers onder die opgevoede mense in dorpe, maar in landelike gebiede het die tradisionele oortuigings nog 'n sterk vesting. Tradisioneel glo baie Tsongas in 'n opperwese aan wie die skepping van die mens en die aarde toegeskryf word. Die oortuigings van die Tsonga lê in voorvaderaanbidding.

Hulle glo dat die mens 'n fisiese liggaam (mmiri) en 'n geestelike liggaam met twee eienskappe nl. moya en ndzuti het. Die moya (wat met die gees verband hou) gaan die liggaam binne by geboorte, en word tydens die dood vrygestel om by die voorvaders aan te sluit. Die ndzuti word gekoppel aan 'n persoon se skaduwee en weerspieël menslike eienskappe - dit is daardie persoon se adjudant (understudy) wat met die dood die liggaam in die geestelike wêreld verlaat.

Die gees van die dood (swikwembu) is gevul met die individu en menslike eienskappe van die persoon. Nie net is daar lewe na die dood nie, maar met die ingaan in die wêreld van die dooies behou individue bande met die lewe. Vir baie Tsongas vandag impliseer die samelewing 'n alles-omvattende entiteit, wat beide die lewende en die dooie insluit.

Met die oog om die ingang te verlig,van die gees van 'n onlangs oorlede persoon in die geledere van die voorvaders, word 'n verwelkomings fees kort na die begrafnis uitgevoer. Die dood van 'n lid van die muti maak dat al die familielede onrein geword het en reinigings rituele word op verskillende tye van die dag oor 'n aantal maande uitgevoer.

Aanbiddings Proses

Voorvaderaanbidding, wat nog vandag beoefen word, vereis die uitvoering van rituele, veral tydens krisisse, onder leiding van 'n Nanga (waarsêer). Die familie versamel by die gandzelo (opsy gesit vir rituele en offers) om hulde te bring aan hul voorvadergeeste.

Kos en drank word in offer aan die voorvaders neergesit om hulle te bedank vir die voorsiening wat hulle vir die mense gemaak het. Versoeke word gemaak deur voorbidding oor spesifieke probleme en in tye van krisis. Voorvadergeeste kan ook informeel en sonder opofferende seremonies deur gebed benader word.

Die Tsonga glo ook in goeie en bose geeste. Goeie geeste bring reën en maak dat goeie dinge gebeur. Bose geeste (buloyi) wat gemanipuleer word deur towenaars (Baloyi) kan groot skade aan die gemeenskap veroorsaak. ʼn Towenaar kan bewus wees van die bose gees in homself en dit tot sy voordeel gebruik, maar gewoonlik neem buloyi besit van 'n gewone mens sonder dat hy daarvan bewus is en verlaat sy liggaam in die nag terwyl hy slaap.

Die teenwoordigheid van Baloyi word gewoonlik geassosieer met aanhoudende siekte en teenspoed. Af en toe word siekte as 'n natuurlike deel van die lewe aanvaar en baie Tsonga glo dat 'n siek persoon op sy eie tyd sal genees. Herstel kan vinnig geskied deur medisyne wat geadministreer word deur kundige lede van die huishouding. Maar as die siekte meer ernstige is of die siklus van slegte geluk aanhou, is dit 'n teken van die ingryping van bose geeste en 'n kuur moet deur middel van waarsêery gevind word.

Waarsêery van buloyi word gedoen deur 'n Nanga of 'n mungoma, wat met die voorvaders konsulteer deur bene, skulpe en ander artefakte (tinholo of mavula) te gebruik. Die tinholo word soos dobbelstene op 'n mat uit 'n houer gegooi en na gelang van die posisies waarin hulle land bepaal die waarsêer die oorsaak van die siekte en die plan van aksie om dit reg te stel.

Translated by Wilma Koeppen