Foxtail Buffalo Grass
Bloubuffelsgras

© N.Dreber

Naam

Bloubuffelsgras

Latynse naam

Cenchrus ciliaris

Beskrywing

Bloubuffelsgras word tot 1 m lank. Polvormige, meerjarige gras met 8 mm lange blaarskywe. Bloeiwyse is ’n digte silindriese aar. Hierdie gras is smaaklik en word deur grasvreters verkies. Die aartjies word deur baie golwende borselhare wat uit ’n kort steel kom omring.

Gebruike

Bloubuffelsgras is ’n goeie weidingsgras met ’n hoë blaar produksie en smaaklikheid. Die smaaklikheid neem egter af namate die plant ouer word. Bloubuffelsgras is moeilik om in kleigrond te groei, maar sodra dit gevestig is groei dit goed.

Habitat

Bloubuffelsgras groei in warm, droë dele. Dit groei in alle soorte grond, maar meestal in sanderige en ander goed gedreineerde grondsoorte. Wydverspreid oor Suidelike en Sentraal Afrika en die Middellandse See.

Blomme

Augustus tot April (Suider Afrika)

Notas

Bloubuffelsgras is ’n droogtebestande spesie wat in droër streke voorkom en dit is na lande soos Australië ingevoer waar dit ’n belangrike voergras is.