Ervaar Addo - Aktiwiteite
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

Barefoot Addo Elephant Lodge bied olifant-rug safaris deur die uitgestrekte vlaktes van die bosveld aan dagbesoekers en inwonende gaste aan.

Wildkyk

Die safari sluit die waarneming van die olifante in hulle natuurlike omgewing asook die voer van hierdie sagmoedige reuse in. Die olifant safari word drie keer per dag aangebied en dit is ’n uur lank.

Die tradisionele wildritte by die luukse Barefoot Addo Elephant Lodge bring gaste naby aan ’n verskeidenheid wild soos sebras, kameelperde en wildsbokke om nie eers van die vele voëlspesies te praat nie. Een van die lodge se spesiale pakkette vir gaste wat graag die Groot 5 wil sien is ’n wildrit in die Addo Olifant Nasionale Park wat saans met ’n tradisionele Afrika aandete eindig.

Bos Etes

Barefoot Addo Elephant Lodge se etes is goed genoeg vir die koninklikes. Die Afrika geïnspireerde eet area wat naby die alleenloper bulle se watergat is bied aan gaste ’n manjifieke uitsig terwyl hulle weglê aan die smaaklike kos. ’n Seisoenale spyskaart word deur die hoofsjef uitgewerk en met vooraf kennisgewing kan gaste se voedselallergieë en verskillende diëte geakkommodeer word.

’n Ten volle gelisensieerde kroeg bied ’n groot verskeidenheid plaaslike en internasionale biere en sommige van Suid Afrika se beste wyne aan.

Addisionele Aktiwiteite

Vooraf bespreking benodig:

Olifant ontmoetings
Sondagsrivier Safari
Voël- en plantkunde-begeleide staptogte
Wildritte
Addo Elephant National Park Dagtoere