Ervaar Addo
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

Die eko-vriendelike Barefoot Addo Elephant Lodge in die malaria-vrye Groter Addo-streek van Suid-Afrika bied luukse akkommodasie aan in ’n ten volle omheinde Wildreservaat.

Hoogtepunte

Privaat uitkyk dek
Besonderse naby kontak met olifante
Kinders van alle ouderdomme welkom
Tradisionele 5 ster Afrika maaltye
Privaat landingstrook

Jou Ervaring

Die Barefoot Addo Elephant Lodge is in die malariavrye Oos Kaap langs die Addo Olifant Nasionale Park geleë, en is die beste plek om olifante te sien. Hierdie besonderse lodge in die Groter Addo-streek verseker ’n besonderse ruskans, met vriendelike personeel wat daarop fokus om gaste ’n onvergeetlike ervaring te gee. Kinders van alle ouderdomme is welkom en romantiese paartjies sowel as families voel ewe tuis hier.

Die lodge se suites lê tussen die Geelhout bome en die heuwels wat op die watergat uitkyk en dit dra by tot die asemrowende uitsig. Barefoot Addo Elephant Lodge bied ’n verskeidenheid aktiwiteite vir oud en jonk, van sit en ontspan tot opwindende naby kontak met olifante, wat natuurlik almal se gunsteling is.

Dit is geen wonder dat die Barefoot Addo Elephant Lodge vierster status van die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika ontvang het nie. Elke aspek van jou verblyf by hierdie lodge, van die smaaklike etes tot die uitsonderlike natuur ervarings sal jou gelukkig en vernuwe laat voel.