Dorid Nudibranch
Naak seeslak – Tipies Dorid

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Naak seeslak – Tipies Dorid

Alias

Sea slugs

Wetenskaplike naam

Doridina

Grootte

Tot 50 cm, gemiddeld 7 cm.

Identifikasie

Slak-agtige liggaam sonder ‘n dop. Dorids het ‘n groot voet en gewoonlik gladde mantel. Die branchial of kieue is prominent op die rug. Daar is twee rhinophores of sensoriese organe aan die voorkant van die kop. Kleur varieer aansienlik, van wit, geel en oranje tot swart.

Algemene Inligting

Die suborde Doridina is deel van Opisthobranchia. Die Engelse naam “nudibranch” beteken naakte kieue. Die kieue omring die anus en is soms ‘n ander kleur as die mantel. In sommige spesies kan branchial ingetrek word wanneer daar ‘n bedreiging is. Sommige spesies is giftig weens die voedingsbron. Hermafrodiete. Voortplantingsorgane is aan die regterkant van die nek, spermpakkies word oorgedra. Eiers word gelê in ‘n slym matriks (sperm bande).

Voeding

Leef van sponse, sagte koraal, anemone en hydroids.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Gem sea slug (Chromodoris geminus)
Dorid sp (Nembrotha purpureolineata)
Spanish dancer (Hexabranchus sanguineus)