De Hoop Natuurreservaat Aktiwiteite
De Hoop Natuurreservaat, Wes-Kaap
By De Hoop Natuurreservaat kan jy op ’n self begeleide wandeling uitgaan en jou pas by dié van die natuur aanpas.
Staproetes
Ontdek die vlei en landskap en bekyk die bontebok, Kaapse bergsebra, eland en volstruis wat jy moontlik tydens jou tog sal sien. Daar is ’n verskeidenheid staproetes om van te kies, sommige lei jou deur die fynbos vlaktes en ander langs die kus. Gaste wat verkies om op ’n geleide stap te gaan, kan ’n in-diepte ervaring met ’n gekwalifiseerde natuurgids geniet.
Daar is vier-dag natuur- en seewandelroetes geleide ekskursies om van te kies. Daar is ook ’n spesiale marinestap; ’n staproete langs die kus. Hierdie staproete laat jou toe om die rotspoele en sandstrande met ’n gekwalifiseerde gids te ontdek. Jou gids sal vir jou die interessante seelewe en plantegroei uitwys. In seisoen kan gaste walviskyk.
Hierdie staptoere by De Hoop Natuurreservaat gaan met laaggety uit en hou omtrent 2 ure aan. Die Walvisroete begin in Potberg en eindig in Koppie Alleen - 55 km verder. Die roete bestaan uit 5 oornagplekke en gee stappers die geleentheid om meer oor die inheemse Suid-Afrikaanse plante te leer.
Die laaste oorblywende aasvoëlkolonie in die Wes-Kaap kan ook gesien word. Dit is ’n beeldskone roete met verskeie voëlspesies en klein bokkies om te sien. Tussen Junie en Desember kan stappers ook - soos die naam van die roete suggereer – walvisse sien.
Walviskyk
Elke jaar kom die suidelike noordkaper walvis na die kus langs De Hoop Natuurreservaat om te paar. Die walvisse kan gesien word soos wat hulle in die helder water baljaar en skouspelagtig water blaas. Hulle breek gereeld die oppervlakte en plons terug op hul rug. Orals oor die reservaat is daar plekke waar gaste hulself kan gemaklik maak en die grootheid van die diere inneem.
Eko-Bootvaarte
De Hoop Natuurreservaat are is bekend vir otter en ystervark besigtinge. Die eko-bootvaarte wat aanbod is besoekers se geleentheid om hierdie diere te gevaar. Daar is een vaart in die oggend, met tee en koffie en heerlike gebakte goedere en daar is ook ’n vaart in die aand. Tydens die aandvaart word lekker skemerkelkies en southappies bedien. Elke bootvaart hou omtrent 1,5 – 2 ure aan.
Aasvoël Ervaring
Hier is jou kans om die laaste oorblywende kolonie van Kaapse aasvoëls in die Wes-Kaap te sien. Die geleide aasvoëlervaring begin by die Opstal waar ’n pragtige rit deur die fynbosvlaktes gaste na die Potberg-berg sal neem. Vanaf die Potberg-berg is dit omtrent ’n uur se stap tot by die aasvoëlplatvorm. By die platvorm sal jy sien hoe die aasvoëls bo jou duik en sweef. Geniet ’n heerlike piekniekmiddagete op die platvorm en die fantastiese uitsig van hierdie hoogs-bedreigde spesie.
Kinders by De Hoop
Kinders is ook welkom by De Hoop Natuurreservaat. Sekere tye van die jaar is daar ’n gespesialiseerde kinderprogram wat sterrekyk, skattejag en begeleide wandelinge insluit. Daar is ook kinderfietse, ’n swembad en ’n tennisbaan beskikbaar om te gebruik. Dan is daar natuurlik die strand ook!
Ander Aktiwiteite
Snorkel
Bergfietsroetes
Begeleide voëlwandelinge, seewandelpaaie
Sterrekyk
Begeleide Eko-vierwielmotorfietstoere