De Hoop Collection
De Hoop Natuurreservaat, Wes-Kaap

Met walviskyk geleenthede, seewandelpaaie, staproetes, eko-bootvaarte en voëlkyk aktiwiteite sal jy nooit by De Hoop Natuurreservaat verveeld raak nie.

Hoogtepunte

Geleë op die suidelike noordkaper migrasieroete
Pragtige wandelpaaie, stap- en fietsryroetes
Begeleide eko-bootvaarte
Aasvoël ervaring en seewandelpaaie
Familie-vriendelike en self-sorg akkommodasie opsies

Jou Ervaring

De Hoop Natuurreservaat is net oos van die Kaap Agulhas geleë. Die ongelooflike kuslyn wat hier gevind hier word na verwys as Koppie Alleen. Dit is ’n 3-uur rit vanaf Kaapstad – ’n beeldskone roete en die moeite werd om aan te pak. Die roete leen jou ’n ongelooflike uitsig van die Suid-Afrikaanse kuslyn, asook karaktervolle dorpies, plaaslike restaurante en oulike aandenkingswinkels om te besoek. Verwag see, sandduine, vlei en fynbos met aankoms.

Jou akkommodasie hier is rustiek maar gemaklik, met elegante plaas-geïnspireerde dekor. Pragtige ouKaaps-Hollandsargitektuur met bottelgroen vensters en wit sementskoorstene voltooi die prentjie by De Hoop Natuurreservaat. De Hoop Natuurreservaat se 36 000 hektar biodiversiteit is ’n konservasiearea en ’n Wêreld Erfenis Gebied. Die 19 km vlei wat deur die reservaat loop, is op die Ramsar lys van Vleilande van Internasionale Belang.

Gaste wat hierdie natuurreservaat in die Wes-Kaap besoek, is welkom om deel te neem aan ’n 2-uur stap op die seeuitsig wandelroete. ’n Prentjiemooi pad wat jou die geleentheid bied om dalk walvisse te sien.

’n Verskeidenheid aktiwiteite is op aanbod by hierdie natuurreservaat in die Wes-Kaap, van sterrekyk, tot strand wandeling, staproetes, pieknieks, voëlkyk, bootritte, fietsry en ontspanning by die De Hoop Spa. De Hoop Natuurreservaat is die ideale bestemming vir families en daar is selfs ’n gespesialiseerde Kinderprogram op aanbod sekere tye van de jaar.