Day Waterlily
Dag Waterlelie

© Shem Compion
Day Waterlily.

Naam

Dag Waterlelie of Star Lotus of Dwerg Waterlelie

Latynse naam

Nymphaean nouchali

Beskrywing

Die dag waterlelie is 'n waterplant met ronde, drywende blare wat verdeel word deur 'n V-vormige inham. Hierdie plante het ondergrondse stamme wat stewig aan die modder onder die water vasgheg deur middel van taamlike dik wortels. Die risoom (ondergrondse stam) is 4 - 5 cm in deursnee, swart van kleur en sponserig. Die blare dryf op lang, sponsagtige stingels en is rond met 'n diep keep of sny vanaf die middel tot by die buitenste rand.
Die groot blomme word op lang stingels net bokant die oppervlak van die water gedra en mag wit, geel, blou of pienk wees en gaan slegs oop as die son skyn. Hulle gaan snags toe en gaan die volgende oggend weer oop. Die blomblare is gepunt en is ook geurig. Daar is ongeveer 60 spesies waterlelies, maar slegs een spesies is in Suid-Afrika, naamlik die dag waterlelie. Waterlelies is baie indrukwekkende plante.

Habitat

Die lelies kom voor in panne, damme en poele in stadige riviere en word dwarsdeur die wêreld aangetref, insluitend in alle provinsies van Suid-Afrika en die Krugerwildtuin.

Vrugte

Nadat hulle deur bye of kewers bestuif is, word die blomme teruggetrek onder water waar die sade ryp word. Die ryp sade dryf en word versprei deur waterstrome. Hulle styg na die oppervlak, dryf 'n rukkie en eindig uiteindelik in die modder waar hulle ontkiem.

Veldnotas

Die waterlelie is een van die mees bewonderde plante op aarde en daar word gesê dat toe Boeddha dood is, die blomme oral geblom het waar hy geloop het. Dit is ook die nasionale blom van Bangladesh en Sri Lanka.