Damara Tern
Naam
Damara Tern
Latynse naam
Sterna balaenarum
Familie
Rynchopidae
Lengte
23 cm
Habitat
Klein groepies aan die Atlantiese kus wat in die water van baaie en riviermondings kos soek.
Roep
'n Paar hoë '”tsit-tit's” na mekaar. Ook 'tit-tit'.
Voortplanting
Broei aan die Namibiese kus en naby Tafelbaai, nuut ontdek agter Rocky Point, tot by die Cunene. Broei in duine-strate en gruisvlaktes tot 1 - 5 km van die see. Eiers 1 of 2, lysteragtig.
Onvolwasse voorkoms
Jonges het bruin merke op boonste dekvere.
Volwassene voorkoms
Die klein swart boonste gedeelte van die kop by broeiende voëls; Ander tye verskil hulle van die kleinsterretjie met ‘n langer, effens afwaartse snawel en ligter grys rug, en ‘n kort en stomperige liggaamsvorm. Oor ‘n lang afstand lyk hulle amper wit. Nie-broeiende voëls het ‘n wit voorkop en ‘n kroon.
Status
Nie-algemene inwoner.
Verspreiding
Beperk tot die kus van Suidwes-Afrika en Kaap. Verlaat ons kus in Julie.