Creeping Bristle Grass
Kruipmannagras

Naam

Kruipmannagras

Latynse naam

Setaria sphacelata var. torta

Beskrywing

Kruipmannagras groei tot ’n hoogte van 0.5 m en is ’n kort, meerjarige kruipplant of soms ’n polvormige gras. Die wortelstok is kort en die grootste konsentrasie blare is meestal by die basis.

Gebruike

Kruipmannagras is ’n smaaklike gras wat goed bewei word. Dit lewer egter ’n relatiewe lae opbrengs. Kruipmannagras se uitlopers maak dit ’n uitstekende gras om versteurde grond, waarop dit gewoonlik groei, van gronderosie te beskerm.

Habitat

Goed gedreineerde graniet ryke grond, belangrik in grondbewaring aangesien dit uitlopers vorm wat die grond bind. Dit kom orals in tropiese Afrika voor.

Blomme

September tot Maart