Cordgrass
Strandkweek

Naam

Strandkweek ook bekend as Kaapse slykgras

Latynse naam

Spartina maritima

Beskrywing

Vorm klosse dun, growwe ingerolde blare en die blomkop bestaan uit twee takke wat teenmekaar gedruk is. Die grootte is 40 cm.

Habitat

Strandkweek is algemeen in Noord- en Suid Amerika, dele van Europa en aan die kus van Wes-Afrika, maar is bekend as ’n indringerplant in Suid Afrika as gevolg van die gras se geïsoleerde voorkoms aan die weskus. Dit is goed gevestig in die meeste riviermondings by die suidwestelike en suidoostelike kusgebiede waar dit dig staan net onder die hoogwatermerk.

Notas

’n Aantal kruisings regoor die wêreld waar strandkweek ingebring is het plaasgevind. Hoe strandkweek in Suider-Afrika gekom het is onbekend, maar dit is moontlik deur verbygaande skepe uit Wes Afrika oorgedra.