Common Finger Grass
Gewone Vingergras

© Johan Wentzel PhD

Naam

Gewone vingergras

Latynse naam

Digitaria eriantha

Beskrywing

Die gewone vingergras het ’n lengte van tot 1.8 m. Polvormige, meerjarige gras met 14 mm lange blaarskywe. ’n Bloeiwyse met 3 tot 15 are in een of twee kranse kan by die grashalm punt gesien word. Die onderkant van die plant is gewoonlik harig.

Gebruike

Dit is ’n smaaklike gras wat beskou word as een van die beste natuurlike en gekweekte weidings (die bekendste kultivar is Smutsvingergras) in Suider-Afrika. Dit bly tot laat in die winter smaaklik en word dikwels as staande hooi gebruik.

Habitat

Gewone vingergras groei in sanderige en klipperige grond in die meer droë gebiede en in klam grond soos langs vleie in gebiede met ’n hoë reënval. Gewone vingergras word regdeur Suider-Afrika aangetref.

Blomme

Januarie tot April

Notas

Gewone vingergras is ’n gras wat gekloon word en daar is ’n aantal streeksvariëteite soos Smutsvingergras, “Digit Grass” en “Pongola Grass”.